Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Regsoktrooi
Regsoktrooi [boodskap #123515] Sa, 05 Januarie 2019 09:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Regsoktrooi (opperbevel wat die regstelsel reguleer) is uitgereik deur die Britse owerhede in die Kaapkolonie wat van 1 Januarie 1828 van krag was. Die Hooggeregshof van die Kaapkolonie is gestig onafhanklik van ander takke van die regering en bestaan uit ’n Hoofregter en drie gewone regters. Engelse hofprosedure en pleidooie is ingevoer maar die bestaande Romeins-Hollandse Reg het van krag gebly. Rondgaande howe is gehou en die admiraliteitshof is afgeskaf. ’n Tweede regsoktrooi waarby sekere wysigings ingevoer is, is op 1 Maart 1834 ingestel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Regiment, Twenty-Second Field
Volgende onderwerp: Rehoboth
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:27:00 MGT 2024