Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Reeves, Biskop Ambrose
Reeves, Biskop Ambrose [boodskap #123491] Sa, 05 Januarie 2019 08:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Biskop Ambrose Reeves was 'n Anglikaanse biskop van Johannesburg. Op 6 Desember 1899 in Norwich gebore. Hy was rektor in Liverpool voordat hy in 1949 na die biskopsetel Johannesburg beroep is. In Suid-Afrika het hy op die voorgrond getree vanweë sy belangstelling in die nie-blanke bevolking — iets wat hom in botsing gebring het met die Unie-regering. Hy het talle lesings oor Suid-Afrika in Brittanje en die Verenigde State gegee. In 1960 gaan hy van Johannesburg na Swaziland en daarvandaan na Europa. Met sy terugkeer na Johannesburg is hy gedeporteer. Kort daarna het hy bedank as biskop.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Redellnghuys
Volgende onderwerp: Reg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:40:45 MGT 2024