Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Rand Tram
Rand Tram [boodskap #123481] Sa, 05 Januarie 2019 07:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Rand Tram’ is die naam gegee aan die eerste spoorweg in Transvaal wat van Johannesburg na Boksburg, ’n afstand van 14 myl, geloop het. Dit is in 1889 begin en die daaropvolgende jaar voltooi. Anders as die meeste binnelandse spoorlyne, het dit by geen lyn na die kus aangesluit nie, sodat al die toerusting en rollende materiaal per ossewa na die terrein vervoer moes word. Die spoorlyn het aan die Nederlands Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy behoort en die naam "Rand Tram" is daarvoor gebruik ter wille van konserwatiewe Volksraadslede wat gevrees het dat spoorweë die transportry met ossewaens sou beëindig.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Randse Waterraad
Volgende onderwerp: Rawsonville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:52:46 MGT 2024