Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Randse Waterraad
Randse Waterraad [boodskap #123480] Sa, 05 Januarie 2019 07:03
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Randse Waterraad is/was 'n korporasie wat in 1903 deur ’n ordinansie van die Milner-regering gestig is; belas met die voorsiening in die behoeftes van die Witwatersrandgebied. Dit het die bates van die vroeëre privaatmaatskappye oorgeneem en is lenings- en ander magte toegestaan. Die munisipaliteite van die Rand, die stad Pretoria, Vereeniging, die mynbedryf en die Suid-Afrikaanse Spoorweë is in die Raad verteenwoordig. Die Raad het destyds water aan ’n gebied van 4,308 vierkante myl met ’n bevolking van sowat 2,500,000 verskaf. Die watervoorraad is hoofsaaklik verkry uit die Vaalrivier waar die Raad ’n groot studam (in 1923 voltooi) gebou het. In later jare is dit gevolg deur waterwerke wat die water van die Vaaldam benut. Die daaglikse verkope van water het nagenoeg 200,000,000 gelling beloop.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Randse Opstand
Volgende onderwerp: Rand Tram
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:31:55 MGT 2024