Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Randse Opstand
Randse Opstand [boodskap #123479] Sa, 05 Januarie 2019 07:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Randse Opstand was 'n nywerheidsoproer in 1922 aan die Witwatersrand. Die onmiddellike oorsaak was die verdwyning van die goudpremie, wat gedurende en na die Eerste Wêreldoorlog vergoed het vir die groot styging in mynkoste en wat loonverhogings vir die blanke mynwerkers meegebring het. Toe hierdie meevallertjie wegval het die mynwerkers geweier om tot verminderings toe te stem. In 1921 is daar met sporadiese stakings begin, maar in Januarie 1922 het 'n staking op die steenkoolmyne van Transvaal na die goudmyne van die Witwatersrand versprei. Mynwerkers het hulleself in "kommando’s" georganiseer en ander werkers begin molesteer. Vroeg in Maart is die hulp ingeroep van die Unie-Verdedigingsmag en daar is van vliegtuie van die S.A. Lugmag en die Artillerie gebruik gemaak. Generaal J.C. Smuts, as premier, is alom geblameer vir dié toestand. Na byna 'n week van gevegte is die opstand onderdruk. Meer as 200 mense is gedood en nagenoeg 1,200 gewond. Verskeie stakers is op aanklagte van moord ter dood veroordeel en sommige is tereggestel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rand Mines Ltd.
Volgende onderwerp: Randse Waterraad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:27:29 MGT 2024