Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Randfontein
Randfontein [boodskap #123477] Sa, 05 Januarie 2019 06:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Randfontein is 'n dorp aan die Wesrand, deel van Krugersdorp maar sedert 1929 'n eie munisipaliteit. Dit is 27 myl van Johannesburg en het rondom die beroemde Randfontein Estates-goudmyn gegroei. Dit is in die vroegste dae van die goudveld deur sir J.B. Robinson gestig. Randfontein Estates het die grootste stampbattery in die wêreld — met 600 stampers. Die Homestead-meer is een van die dorp se aantreklikhede. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 45,912 (15,000 Blankes, 852 Kleurlinge, 60 Asiate, 30,000 Bantoes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Rand Daily Mail
Volgende onderwerp: Rand Mines Ltd.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:12:51 MGT 2024