Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Rand
Rand [boodskap #123474] Sa, 05 Januarie 2019 06:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Rand is 'n geldeenheid wat ingevolge die Desimalisasiewet van 1959 aanvaar is as basis vir die geldstelsel van die Unie van Suid-Afrika (nou die Republiek), Suidwes-Afrika (nou Namibië) en die Hoë Kommissaris-gebiede. Dit is op 14 Februarie 1961 ingestel. Dit is gelykstaande aan tien sjielings en onderverdeel in 100 sent. Die woord "Rand" is afgelei van "Witwatersrand" om sy gouddekking te beklemtoon. Die afkorting is "R" wat voor die syfers geskryf word. Sien Sent.

Die Rand is 'n wettig betaalbaar in die gemeenskaplike monetêre gebied tussen Suid-Afrika, Swaziland (Eswatini), Lesotho en Namibië. Die laaste drie lande het egter deesdae hul eie geldeenhede wat gelyk is aan die Rand. Voor 1976 was die Rand ook 'n wettig betaalmiddel in Botswana.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ramsgate
Volgende onderwerp: Randburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:49:15 MGT 2024