Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ramsbottom, Dr. Alfred Ernest William
Ramsbottom, Dr. Alfred Ernest William [boodskap #123472] Sa, 05 Januarie 2019 06:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Alfred Ernest William Ramsbottom was die eerste Administrateur van die Oranje-Vrystaat. Op 1 Augustus 1860 in Grahamstad gebore en ontvang opleiding aan die Grey-Kollege, Bloemfontein, en daarna in Dublin waar hy hom in 1884 in die medisyne bekwaam. Hy vestig hom as geneesheer op Heilbron, O.V.S., en raak geïnteresseerd in die politiek. Hy word ná die Tweede Vryheidsoorlog aangestel as Koloniale Tesourier onder die Kroonkoloniebewind. Was die eerste Administrateur van die O.V.S. na Uniewording en beklee dié amp van 1910 tot 1915. In 1922 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ramoutsa
Volgende onderwerp: Ramsgate
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:39:05 MGT 2024