Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Radiotelegrafie
Radiotelegrafie [boodskap #123466] Vr, 04 Januarie 2019 19:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Radiotelegrafie of draadlose telegrafie is die stuur van Morsekode-boodskappe via radiogolwe. Hierdie boodskappe word telegramme genoem. Guglielmo Marconi word as die uitvinder van radiotelegrafie beskou.

In 1897 is suksesvolle eksperimente in radio-uitsending in Port Elizabeth uitgevoer toe ’n poskantooringenieur met die naam Edward Jennings radio-telegrafie onafhanklik van Marconi uitgevind het, maar geen aanmoediging gekry het nie. Duitse radiotoestelle is ook in die Tweede Vryheidsoorlog deur die Boere ingevoer, maar dit is deur die Britte gebuit. Proefnemings is ook gedoen met radioverbindings, maar dit was van weinig praktiese nut. Na die oorlog is radiotelegrafie in 1904 vir skepe by Simonstad ingestel en in 1908 het die Natalse Koloniale regering planne opgestel vir die oprigting van ’n sendstasie. Dit is in 1910 by Jacobs naby Durban opgerig toe die eerste skepe wat gereeld met Suid-Afrika handel gedryf het, ook toegerus is. In 1911 is die eerste radiostasie bestel vir gebruik by Slangkop, en die Duitsers het besluit om ’n hoëkragsender by Windhoek op te rig wat toe nog in Duits-Suidwes-Afrika was. Aansienlike vordering is in die Eerste Wêreldoorlog gemaak op die gebied van die radiowese, en in 1921 is die eerste radiotelefoonstelsel op Birdeiland by Port Elizabeth ingestel. Ingevolge ’n ooreenkoms met die Imperiale regering is rigstraal radio in 1927 tussen die Klipheuwelstasie naby Kaapstad en Londen ingestel. Dié stelsel is in 1948 uit private hande geneem en deur die Unie-Poskantoor oorgeneem. Oorsese telefoondienste het op 1 Februarie 1932 begin en is sedertdien uitgebrei sodat dit feitlik die hele wêreld dek. Sien ook Uitsaaiwese en Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Raaff, Kommandant Pieter Johannes
Volgende onderwerp: Ral
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:15:53 MGT 2024