Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Quaelbergen, Cornelis Van
Quaelbergen, Cornelis Van [boodskap #123454] Vr, 04 Januarie 2019 18:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Cornelis van Quaelbergen was 'n vroeë Kommandeur van die Kaap die Goeie Hoop. Hy begin met sy loopbaan in diens van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie by Masulipatam, Indië, waar hy Kommandeur geword het en in 1666 na die Kaap verplaas is. Hy raak in onguns en word in 1668 afgedank omdat hy hulp aan ’n Franse vloot verleen het, onwetend dat dit vyandelik was, aangesien nuus van die uitbreek van die oorlog destyds so stadig versprei het. Later is sy goeie naam herstel en is hy bevorder tot die goewerneur van Banda in Oos-Indië.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Quachasnek
Volgende onderwerp: Quatermain, Allan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:48:26 MGT 2024