Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Pypie (Gladiolus)
Pypie [boodskap #123451] Vr, 04 Januarie 2019 18:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Pypie (Gladiolus) (Iridaceae) is plante wat groei van gerokte knolle. Talle pragtige variëteite wat vandag dwarsdeur Kaapland beskerm word. Die delikate ligroos en blou sandpypie (Gladiolus gracilis) met sy grasagtige blare is ’n winterblom van Wes- en Suidwes-Kaapland. ’n Groter pypie met swaardagtige blare en meer gekartelde kroonblare, diep ligroos afgemerk, is die Painted Lady (G. debilis en G. blandus). Die groot (en klein) gespikkelde bruin afrikaner (G. grandis en G. maculatus) kom voor in baie skakerings van rooigeel en rooibruin. Ander variëteite word dwarsdeur Suidelike Afrika op droë veld en langs die kus aangetref. Sien Iris.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Pyp
Volgende onderwerp: Quachasnek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:53:01 MGT 2024