Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Punda Maria
Punda Maria [boodskap #123445] Vr, 04 Januarie 2019 18:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Punda Maria is 'n ruskamp in die noorde van die Nasionale Krugerwildtuin. Wild is vollop en die gebied word as die Krugerwildtuin se botaniese tuin beskryf. Afgesien van ander geriewe bied dit huisvesting aan 120 mense.

Punda Maria was eens ’n veldwagterspos met kaptein J.J. Coetzer aan die stuur van sake. Die plek se naam is 'n samestelling van "punda malia", die Swahilinaam vir 'n sebra, en Maria, die naam van die kaptein se vrou. Maria het klaarblyklik ’n voorliefde vir klere met swart en wit strepe gehad, toe noem hy dié plek Punda Maria.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Pulsator
Volgende onderwerp: Putfontein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:08:39 MGT 2024