Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Provinsie van Koningin Adelaide
Provinsie van Koningin Adelaide [boodskap #123439] Vr, 04 Januarie 2019 18:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Provinsie van Koningin Adelaide was 'n buffergebied wat deur goewerneur sir Benjamin D’Urban daargestel is op die Kaapse Oosgrens. Dit was geleë in ’n gebied wat verower is in ’n veldtog teen die inboorlinge, en het die streek beslaan tussen die ou grens tot by die Keirivier tussen die Stormberg en die see. Die grootste deel daarvan is toegeken aan lojale inboorlinge, maar die Departement Kolonies het die optrede afgekeur en dit is noodgedwonge laat vaar. Dit is op 10 Mei ingestel en op 5 Desember 1835 beëindig.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Providential Pass
Volgende onderwerp: Pruimbas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:56:01 MGT 2024