Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Protea (Proteaceae)
Protea [boodskap #123436] Vr, 04 Januarie 2019 17:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Protea.
'n Protea.
Protea is die naam wat gegee is aan ’n betreklike groot groep struike en bome wat hoofsaaklik in die Kaapse Skiereiland en Suidwes-Kaapland voorkom, hoewel ’n paar soorte ook in Transvaal en die Vrystaat aangetref word. Die Proteaceae, wat hulle naam gekry het van die veelvormige Griekse god, Proteus, spog met sowat 300 spesies. Proteas is bekend vir hulle prag en rykheid en blom meesal in Wes-Kaapland aan die begin van die winter. Die protea word algemeen erken as Suid-Afrika se nasionale blom. Die individuele blomme het almal ’n soortgelyke struktuur, maar is op soveel maniere gegroepeer dat dit ’n wye reeks spesies is. Die blom is gewoonlik ’n hofie omring deur ’n kelkvormige omhulsel van leeragtige skutblare soos in die suikerbos (Protea mellifera); of ’n aar soos in die wilde amandel (Brabieum stellatifolium). Vier kelkblare dra die vier meeldrade, die kroonblaar bestaan uit ’n goudbruin haarkroon. Bostandige vrugbeginsel. Baie groot stempel en styl, veral merkbaar in kreupelhout (Leucospernum Bolusii).

Die vrug is ’n neut wat deur die wind versprei word, of soos in die geval van die wilde amandel, deur wind en water. Word bestuif deur bye of langbekvoëls soos die suikerbekkie. Die groot hoeveelhede nektar van die suikerbos word as medisyne gebruik. Onder die vele pragtige soorte is die reuse-protea (Protea cynaroides) en die fynblaar serruria of trots van Franschhoek (Serruria florida), die bergroos en die silwerboom waarvan die blomme nie so sierlik soos sy glinsterende blare is nie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Pronk
Volgende onderwerp: Protem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:12:26 MGT 2024