Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Pringle, Thomas
Pringle, Thomas [boodskap #123430] Vr, 04 Januarie 2019 17:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Thomas Pringle was Suid-Afrika se eerste Engelse digter. In 1789 in Blaiklaw, Skotland, gebore. Studeer aan Oxford waar hy baie beroemde manne, onder andere sir Walter Scott en sy toekomstige kollega, John Fairbairn, ontmoet. Nadat hy ’n loopbaan in die staatsdiens probeer volg het, word hy redakteur van die Blackwood's Magazine, maar vind dit nie betalend nie en sluit by die 1820-Setlaars aan en vestig hom by Glen Lynden in Oos-Kaapland. Nadat hy sy grond weens terugslae verlaat het, word hy in 1822 bibliotekaris in Kaapstad en kry saam met Fairbairn toestemming om met ’n maandblad te begin. Dit is genoem die South African Journal en het vroeg in 1824 verskyn. Dit het gou die gramskap van goewerneur lord Charles Somerset verwek. Pringle het geweier om sy blad aan beperkinge te onderwerp en dit word na die tweede uitgawe gestaak. Pringle keer terug na die Oosgrens en begin skryf oor die lyding en ontbering van die setlaars, en help met ’n oproep om hulp. Hy keer in 1826 terug na Brittanje en samel £10,000 in vir die nooddruftige koloniste.

Hy word sekretaris van die Anti-Slawemy-Genootskap en het die wanpraktyke van Somerset aan die kaak gestel. Pringle is veral bekend vir sy gedigte, aanvanklik met Suid-Afrikaanse temas, veral Afar in the Desert en The Lion Hunt, wat die aandag van die kunskritici getrek het deur hulle treffende frases en vars temas. Oorlede in 1834. Verskeie uitgawes van sy versamelde werke het verskyn, die eerste in 1837.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Prince Alfred’s Own Cape Field Artillery
Volgende onderwerp: Prins Albert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:05:01 MGT 2024