Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Price, Dr. Bernard
Price, Dr. Bernard [boodskap #123426] Vr, 04 Januarie 2019 17:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Bernard Price was 'n ingenieur en fisikus. In 1877 in Londen gebore. Was die uitvinder van die Merz-Price Differensiaalstelsel vir Outomatiese Diskriminerende Afsluiters. In November 1909 kom hy na Suid-Afrika om hoofingenieur te word van die pasgestigte Victoria Falls and Transvaal Power Company Ldt., waarvan hy in 1927 hoofbestuurder geword het. Hy was ook president van die Suid-Afrikaanse Instituut van Elektrotegniese Ingenieurs en ’n lid van die raad van die Universiteit van die Witwatersrand. Tree af in 1936. Die Regering stel hom aan as lid van die Maatskaplike en Ekonomiese Beplanningsraad. Hy was verantwoordelik vir die stigting en nalating van die Bernard Price-Instituut vir Geofisiese Navorsing en vir die geweldige vooruitgang op die gebied van kragproduksie in die Unie. Oorlede in 1948.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Pretoriuskop
Volgende onderwerp: Prieska
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:02:38 MGT 2024