Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Pretorius, Marthinus Wessel
Pretorius, Marthinus Wessel [boodskap #123424] Vr, 04 Januarie 2019 17:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Pretorius, Marthinus Wessel was die Eerste President van die Suid-Afrikaanse Republiek. In 1819 naby Graaff-Reinet gebore en maak die Groot Trek mee saam met sy vader, A.W.J. Pretorius. Hy vergesel hom na Natal waar hy teen die Zoeloes veg en toe na Transvaal waar hy Kommandant-generaal word. Hy stel die eerste grondwet - die ‘33 Artikels’ in Rustenburg op. In Januarie 1857 is hy gekies as Staatspresident van die Suid-Afrikaanse Republiek. Hy het dit hom die taak gestel om die kleiner republieke, insluitende Lydenburg en die O.V.S., te verenig. Hy slaag in die geval van Lydenburg, en hoewel hy in 1860 die unieke eer het om ook as President van die O.V.S. verkies te word, misluk sy plan. In dieselfde jaar het Pretorius sy amp as President van die Suid-Afrikaanse Republiek neergelê om met Mosjesj te onderhandel en Cetshwayo, asook die Kaapse owerheid, te besoek ten einde rus en vrede in die land te bewerkstellig. Burgeroorlog dreig ondertussen in Transvaal en hy doen sy bes om as bemiddelaar op te tree en bedank as President van die O.V.S. in 1863.

In 1864 word hy 'n tweede keer as President van die Suid-Afrikaanse Republiek gekies. Hy lei ’n strafekspedisie teen die Basoeto’s in 1865 en gaan in dieselfde jaar na Soutpansberg om die vrede in die noorde te herstel. Drie jaar later het hy die gesag van die Suid-Afrikaanse Republiek formeel uitgebrei tot noord van die Limpopo in die gebied nou bekend as Zimbabwe (Rhodesië). Hierdie aanspraak is later deur die Britte betwis. Hy het ook aanspraak gemaak op die Diamantveld aan die Vaalrivier, maar is gedwing om dit te laat vaar. In 1868 is hy herkies as President, maar in 1871 bedank hy en werk vuriglik teen die Britse owerheid ná die anneksasie. Word in die tronk gestop as ’n rusiesoeker. Pretorius is gekies as ’n lid van die Driemanskap en het die Konvensie van Pretoria onderteken waarvolgens Transvaal weer volkome selfbestuur verkry. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog, op 19 Mei 1901, op Potchefstroom oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Pretorius, Majoor P.J.
Volgende onderwerp: Pretoriuskop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:51:54 MGT 2024