Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Pretorius, Majoor P.J.
Pretorius, Majoor P.J. [boodskap #123423] Vr, 04 Januarie 2019 16:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Majoor P.J. Pretorius was 'n grootwildjagter en militêre gids. In 1883 in Transvaal gebore en word in 1899 transportryer vir die British South Africa Co. en ander in Zimbabwe (Rhodesië), en later beroepsjagter in Noord-Rhodesië (Zambië), Tanganjika en elders. Tydens die Eerste Wêreldoorlog veg hy saam die Suid-Afrikaanse magte in Duits-Oos-Afrika en elders. Hy slaag daarin om die Duitse kruiser, Koenigsberg, op te spoor terwyl dit versteek was in die delta van die Rufijirivier. Later is hy deur die Regering in diens geneem om die olifanttroppe in die Addo-bos uit te dun. Help ook met die maak van rolprente oor die wilde diere in Suid-Afrika. Oorlede in 1945.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Pretorius, Andries Wilhelmus Jacobus
Volgende onderwerp: Pretorius, Marthinus Wessel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:27:36 MGT 2024