Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Pretorius, Andries Wilhelmus Jacobus
Pretorius, Andries Wilhelmus Jacobus [boodskap #123422] Vr, 04 Januarie 2019 16:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius was 'n Voortrekkerleier en Generaal. In 1798 in Graaff-Reinet gebore, neem deel aan verskeie grensveldtogte en onderneem in 1837 ’n voorlopige trek na die noorde. Hy veg saam met A.H. Potgieter teen Silkaats. Na die moord op Retief is hy uit die Kolonie ontbied en aangestel as Kommandant-generaal. As sulks verslaan hy die Zoeloemagte van Dingaan in die slag van Bloedrivier in 1838. Na die besetting van Natal deur die Britte, bly Pretorius ’n aantal jare lank in dié kolonie en handhaaf hy vriendskaplike betrekkinge met die owerheid. In 1847 organiseer hy onder die Trekkers ’n protes teen die beplande Britse anneksasie van die Oranjerivier-Soewereiniteit. Dit bring hom in stryd met goewerneur sir Harry Smith en in 1848 voer hy die Boeremagte aan wat by Boomplaats verslaan is. Pretorius trek na Transvaal waar hy hom naby Potchefstroom vestig. In 1852 neem hy die leiding in die sluiting van die Sandrivier-konvensie wat die onafhanklikheid van die Suid-Afrikaanse Republiek erken. Oorlede in 1853.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Pretoria-Noord
Volgende onderwerp: Pretorius, Majoor P.J.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:44:36 MGT 2024