Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Presbiteriaanse Kerk
Presbiteriaanse Kerk [boodskap #123417] Vr, 04 Januarie 2019 16:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Presbiteriaanse Kerk (Presbiterianisme) is 'n deel van die hervormde tradisie binne Protestantisme wat sy oorsprong na Brittanje, veral Skotland, het. Hulle is ook in Suid-Afrika werksaam.

As gevolg van die noue ooreenkoms in organisasie en leerstelling met die Nederduitse Gereformeerde Kerk, het daar van die vroegste dae af sterk bande tussen die twee kerke bestaan. Hoewel ’n Presbiteriaanse kerk in 1813 in Kaapstad gestig is deur eerw. George Thom, was dit eers die besluit om dr. John Philip as predikant te beroep, wat gelei het tot die omskepping daarvan op gemeentelike basis. ’n Nuwe begin is dus in 1827 gemaak toe daar met die kerk van St. Andrew in Somersetweg, Kaapstad begin is met eerw. dr. James Adamson as predikant. Dit is nou die oudste gemeente in Suid-Afrika. In 1838 is daar, veral met die oog op die pas-vrygestelde slawe, met ’n Presbiteriaanse gemeente in die St. Stephen’s Kerk op Riebeeckplein, Kaapstad, begin. Baie Presbiteriaanse predikante het met groot onderskeiding in N.G.-gemeentes opgetree, terwyl ’n groot aantal van die vroeë N.G.-predikante hulle opleiding onder beskerming van die Presbiteriaanse Kerk aan die Universiteit van Edinburgh en elders ontvang het.

Sedert 1897 het die onderskeie gemeentes in die land deel gevorm van die Presbiteriaanse Kerk van Suid-Afrika wat ook nou verbonde is aan dié van Zimbabwe (Rhodesië). Die Sinode kom jaarliks byeen onder ’n verkose Moderator. Daar is agt ringe, naamlik Kaapstad, King William’s Town, Natal, Oranjerivier, Oranjerivier-Bantoe, Port Elizabeth, Transvaal en Zimbabwe (Rhodesië). Die predikante word aan die Universiteit Rhodes, Grahamstad, opgelei. Lidmate in Suid-Afrika (teen 1963): 110,873 Blankes, 204,585 Bantoes.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Premier-Myn
Volgende onderwerp: Pretoria
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:43:53 MGT 2024