Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Preller, Dr. Gustav Schoeman
Preller, Dr. Gustav Schoeman [boodskap #123415] Vr, 04 Januarie 2019 16:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Gustav Schoeman Preller was 'n Suid-Afrikaanse geskiedkundige en pionier van die Afrikaanse taal. In 1875 in Pretoria gebore. Begin werk as winkelassistent, maar word later prokureursklerk en uiteindelik sluit hy aan by die staatsdiens van die Suid-Afrikaanse Republiek. Hy was 10 jaar lank in die Departement van Mynwese. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog onderskei hy homself aan die front. Ondertussen raak hy geïnteresseerd in die bevordering van die Afrikaanse taal en letterkunde waarin hy ’n uiters belangrike bydrae lewer. Hy was ’n tyd lank redakteur van die Land en Volk en later Die Volkstem en Ons Vaderland (herdoop Die Vaderland). Onder sy baie belangrike boeke is die standaard biografie van Pieter Retief en ’n reeks van ses boekdele, Voortrekkermense. Preller het ook die dagboek van Louis Trichardt persklaar gemaak en geskryf oor Pretoria in die vroeë dae en baie ander onderwerpe. Hy het ook verskeie werke in Engels gelewer. Oorlede in 1943.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Prazo
Volgende onderwerp: Premier-Myn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:11:24 MGT 2024