Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Prazo
Prazo [boodskap #123414] Vr, 04 Januarie 2019 16:32
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Prazo is 'n stelsel van grondbesit wat vroeër dae in Mosambiek van krag was. Die woord beteken huur, maar dit was van toepassing op die toekennings van landgoedere deur die Portugese kroon. Die blanke bewoners moes jaarliks ’n sekere som namens die plaaslike naturelle betaal as belasting. Op hulle beurt het hulle die handelsmonopolie in die gebied gehad en ook die reg om die belasting van die naturelle te in, óf in die vorm van werk óf produkte óf kontant. Dit was baie onbevredigend en is uiteindelik afgeskaf.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Prain, Sir Ronald Lindsay
Volgende onderwerp: Preller, Dr. Gustav Schoeman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:58:13 MGT 2024