Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Potgietersrus (Piet Potgietersrust)
Potgietersrus [boodskap #123408] Vr, 04 Januarie 2019 13:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Potgietersrus (oorspronklik Piet Potgietersrust) is 'n dorp in Noord-Transvaal. In 1854 gestig en vernoem na kommandant-generaal Piet Potgieter wat in die veldtog teen Makapan nie ver daarvandaan nie, by Moorddrift gedood is. Die vroeë nedersetting moes in 1870 laat vaar word weens die uitbreek van koors en dit is eers in 1890 herstig. Tydens die platina-oplewing van 1925 was die dorp die sentrum vir prospekteerders en mynbedrywighede, maar nou is dit hoofsaaklik bekend vir subtropiese produkte, veral lemoene van die nabygeleë Zebediela Estate en ook grondboontjies. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 11,783 (5,500 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Potgieter, Pieter Johannes
Volgende onderwerp: Poto, Victor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:13:17 MGT 2024