Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Postmasburg
Postmasburg [boodskap #123403] Vr, 04 Januarie 2019 06:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Postmasburg is 'n dorp in Noord-Kaapland. In 1890 gestig en vernoem na ds. D. Postma. Gevegte het in die Tweede Vryheidsoorlog daar plaasgevind. Sy vooruitgang na die ontdekking van diamante in 1919 word verder gestimuleer deur die ontdekking van mangaan in 1926. ’n Groot nywerheid het daaruit ontwikkel en die produk word gedeeltelik gebruik deur Yskor en gedeeltelik uitgevoer. ’n Spesiale taklyn is gebou om die mangaan te vervoer. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 4,701 (1,403 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Postma, Ds. Dirk
Volgende onderwerp: Post Retief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:18:28 MGT 2024