Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Postma, Ds. Dirk
Postma, Ds. Dirk [boodskap #123402] Vr, 04 Januarie 2019 06:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ds. Dirk Postma was die stigter van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. In 1818 in Holland gebore. Studeer aan die Teologiese Kollege in Kampen as predikant van die Gereformeerde Kerk, wat hom op spesiale versoek na die Suid-Afrikaanse Republiek stuur. Hier het ontevredenheid ontstaan oor sekere neigings in die ouer Kerk. In 1859 het ds. Postma, wat predikant van Rustenburg was, ’n nuwe tak van sy eie Kerk gestig en die eerste diens onder ’n ou boom gehou. Hy verhuis in 1869 na Burgersdorp, Kaapkolonie, waar hy aan die hoof staan van ’n nuwe teologiese kweekskool, voorloper van die Universiteit van Potchefstroom. Oorlede 1890.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Porto Belo
Volgende onderwerp: Postmasburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:54:19 MGT 2024