Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Port St. John
Port St. John [boodskap #123398] Vr, 04 Januarie 2019 06:32
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Port St. John is 'n klein hawe en vakansie-oord aan die mond van die St. John- of Umzimvuburivier (Olifant) in die Transkei. Gestig as ’n blanke grondgebied in Bantoegebiede en is nie by die Kaapkolonie ingelyf nie. In 1870 is dit egter aan die Kaap oorgedra deur die plaaslike hoofman, Nquiliso, en in 1884 is dit formeel beset. Terwyl sy kommersiële belangrikheid, wat die Duitse owerheid aangespoor het om dit te probeer annekseer, verminder het, het sy pragtige natuurskoon dit ’n beroemde toeriste-oord gemaak, veral die bekende ‘Gates’ waardeur die rivier vloei. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 1,720 (313 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Port Shepstone
Volgende onderwerp: Porterville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:18:18 MGT 2024