Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Port Elizabeth
Port Elizabeth [boodskap #123392] Vr, 04 Januarie 2019 06:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Port Elizabeth is 'n hawe en fabriekstad in Oos-Kaapland. Vernoem na lady Elizabeth Donkin, eggenote van sir Rufane Shaw Donkin, wat daardie dae Luitenant-generaal van die Kaap was. Hoewel Fort Frederick, wat vandag nog bestaan, reeds in 1799 by Algoabaai opgerig is, het Port Elizabeth in werklikheid eers in 1820 tot stand gekom toe die aankoms van die Britse setlaars ’n hawe en ’n gemeenskap daar genoodsaak het. Van die begin af was die plek bekend vir sy ondernemingsgees en dit was gou die vernaamste uitvoerhawe van die Kaapkolonie. Pogings om die hawe in Algoabaai te ontwikkel is bemoeilik deur die onstuimigheid van die see, en ’n kom wat op advies van sir John Coode in 1870 gebou is, moes uiteindelik laat vaar word. Teen die einde van die 19e eeu het Port Elizabeth begin met die vervaardiging van leerware en skoeisel waarin dit nog toonaangewend is in Suid-Afrika. Die eerste hawe is in 1928 voltooi. As gevolg van sy gerieflike ligging gee vooraanstaande oorsese firmas voorkeur aan Port Elizabeth — in Victoriaanse tye genoem die "Liverpool" van die Kaapkolonie — vir die oprigting van motormonteer- en ander fabrieke. Dit is vandag bekend vir die vervaardiging van skoeisel, ingenieurswese, soetgebak, timmerhout en baie ander. Die munisipaliteit het ’n buitengewone rekord vir die wyse waarop dit die behuisingsprobleem van sowel blank as nie-blank oorkom het. In 1963 was die bevolking van Port Elizabeth 346,000 (111,000 Blankes), (92,000 Kleurlinge), (139,000 Bantoes) en (4,000 Asiate). Kry in 1965 sy eie universiteit, die Universiteit van Port Elizabeth. Daar naby is die munisipaliteit van Walmer wat in 1967 by Port Elizabeth ingelyf is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Port Edward
Volgende onderwerp: Port Grosvenor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:46:19 MGT 2024