Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Port Beaufort
Port Beaufort [boodskap #123389] Vr, 04 Januarie 2019 06:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Port Beaufort is 'n vroeëre seehawe in die mond van die Breederivier in Kaapland wat die distrik Swellendam bedien het. Vernoem na die familienaam van goewerneur lord Charles Somerset, en is gestig deur die bekende handelshuis, Barry en Nephews, van Swellendam wat winkels en ander geboue opgerig het. Die ontwikkeling het in 1816 begin en voortgeduur tot die jare 1870. Klein stoombote en seilbote het die rivier binnegevaar. Dit het geleidelik in onbruik geraak en vandag is dit net ’n see- en visvangoord.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Port Alfred
Volgende onderwerp: Port Durnford
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:47:05 MGT 2024