Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Port Alfred
Port Alfred [boodskap #123388] Vr, 04 Januarie 2019 06:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Port Alfred is 'n kusoord en vroeëre seehawe by die mond van die Kowierivier in Oos-Kaapland. Die 1820-Setlaars, wat vrag daar laat land het, was die eerste mense wat dit as hawe gebruik het. In 1855 is die eerste stelselmatige pogings aangewend om dit te verbeter met die formele opening van die plek as Port Frances, vernoem na die eggenote van goewerneur sir Lowry Cole. William Cock het die Kowie Harbour Improvement Co., gestig wat in 1857 met uitgrawings begin het om die riviermond dieper te maak. In 1860 is Port Frances herdoop na Port Alfred ter ere van Prins Alfred wat Suid-Afrika in daardie tyd besoek het. Pogings om die hawe te ontwikkel is baie jare lank voortgesit, en die uitgawe het sowat £800,000 beloop. Op een tydstip het baie stoombote en seilskepe in die mond van die Kowierivier voor anker gelê, maar die toeslikking was te groot en die hawe is in hierdie eeu laat vaar. Nou ’n toonaangewende kusoord met ’n beroemde gholfbaan. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 6,171 (1,112 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Porges, Jules
Volgende onderwerp: Port Beaufort
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:01:24 MGT 2024