Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Pondo’s
Pondo’s [boodskap #123382] Do, 03 Januarie 2019 19:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Pondo’s is 'n stam van die Xhosa-familie in Oos-Kaapland, ook bekend as die Aba-Mbo. Eerste keer teëgekom aan die westelike oewer van die Umzimvubu waar hulle aan die begin van die 19de eeu gebuk gegaan het onder die invalle van die Zoeloe-impi’s onder Tsjaka. In 1828 het ’n Britse offisier, majoor Dundas, hulle besoek en hulle in groot armoede aangetref. Hulle hoofman, Faku, het uiteindelik aangebied om hom aan Tsjaka se gesag te onderwerp, maar toe sy ambassadeurs met die boodskap by die Zoeloekoning se kraal aankom, het hulle verneem dat hy dieselfde dag om die lewe gebring is. In 1829 het eerw. William Shaw, ’n Metodis, die Pondo’s besoek om hulle tot die Christendom te bekeer. Tydens die oorlog van 1835 tussen die Xhosas en die Kaapse Koloniste het die Pondo’s hulle by die blankes geskaar. In 1844 het Faku ’n verdrag met sir Peregrine Maitland aangegaan ingevolge waarvan hy as vergoeding vir sy samewerking die hele gebied suid van die Umzimkulu-rivier tot by die Umzimvubu ontvang. Toe die Xhosas verslaan is, was die Pondo’s die enigste onafhanklike stam in die Oostelike Provinsie hoewel hulle baie primitief en deur burgeroorloë verdeel was. Faku se seun, Umqikela, het hom na sy dood in Oktober 1867 opgevolg as opperhoof van die Pondo’s, maar hy was vyandiggesind teenoor die Kaapse Regering, en was betrokke in oorloë met sy broer, Umhlangaso. In 1878 het goewerneur sir Bartle Frere sy erkenning van Umqikela as opperhoof teruggetrek. Om geweersmokkelary en vreemde infiltrasie te voorkom, is die mond van die Umzimvuburivier in 1878 deur die Kaapkolonie oorgeneem en ’n nedersetting gestig onder die naam Port St. John. Umhlangaso het in 1886 probeer om Duitse agente onder leiding van August Einwald in te bring om die Britse invloed teen te werk, maar dit was onsuksesvol. In Februarie 1888 het Umqikela se seun, Sigcau (ook bekend as Sigcawu), opperhoof van die Pondo’s geword en ’n vriendskaplike beleid teenoor die Kaapse Regering gevolg. Die chaotiese toestande het egter voortgeduur en in September 1894 is Pondoland by die Kaapkolonie ingelyf nadat Sigcau vrywillig ingestem het. Die oorsprong van die Pondostam is vaag, maar dit is bekend dat dit in die 17de eeu ontstaan het uit splintergroepe van ander stamme. Vandag werk baie Pondo’s as mynwerkers op die Witwatersrand.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Pondomisi
Volgende onderwerp: Pongolarivier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:42:51 MGT 2024