Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Pondomisi
Pondomisi [boodskap #123381] Do, 03 Januarie 2019 19:32
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Pondomisi is 'n stam wat in Oos-Kaapland bly, en nie verwar moet word met die Pondo’s nie. Hoewel van dieselfde oorsprong, was hulle onafhanklik en is hulle in die vroeë 19de eeu deur twee mededingende hoofmanne, Umhlonhlo en en Umditshwa, geregeer. In 1872 het Umhlonhlo die owerheid in die Kaapkolonie versoek om hom onder sy vleuels te neem, en in 1873 rig Umditshwa ’n soortgelyke versoek. Albei kom in 1880 in opstand; Umditshwa gee oor en word drie jaar gevangenisstraf opgelê, maar Umhlonhlo slaag daarin om tot 1903 op vrye voete te bly. Hulle gebied is gevolglik onder die beheer van ’n magistraat geplaas.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Pondolandse Kokospalm
Volgende onderwerp: Pondo’s
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:50:37 MGT 2024