Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Polo
Polo [boodskap #123377] Do, 03 Januarie 2019 17:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Polo is 'n balspel tussen twee spanne van vier spelers te perd op 'n veld van 300x200 meter. Die ruiters gebruik 'n stok van bamboes (mallet) met sigaaragtige dwarshout aan die einde, waarmee die bal op die grond gespeel word. Die spel vereis uitmuntende ruiterskap en balvaardigheid.

Die eerste poloklub in Suidelike Afrika is in 1885 in Kaapstad gestig onder beskerming van die Britse garnisoen. Dit het ’n deel van die renbaan by Kenilworth gebruik. Onder die vroegste spelers was lord Baden-Powell van Mafeking-faam wat ’n aktiewe plaaslike organiseerder was. In 1885 is daar met nog ’n klub in Port Elizabeth begin en polo het met verloop van tyd oor die hele land versprei. Dit is besonder gewild in Lesotho omdat perde nog volop gebruik word.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Polisie
Volgende onderwerp: Pomeroy
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:57:46 MGT 2024