Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Plomer, William Charles Franklyn
Plomer, William Charles Franklyn [boodskap #123368] Do, 03 Januarie 2019 17:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
William Charles Franklyn Plomer was 'n Suid-Afrikaanse skrywer. Op 10 Desember 1903 in Suid-Afrika gebore. Was in sy jeugjare ’n boesemvriend van Roy Campbell en het saam met hom die tydskrif, Voorslag, in Natal begin waarin hulle die spot gedryf het met die menings van lede van die publiek oor die kleur- en ander kwessies. Sy eerste roman, Turbott Wolfe, het in 1926 verskyn, gevolg deur I Speak in Africa in 1927. Na sy aanstelling as lektor in Engels in Japan volg Paper Houses (1929). Nadat hy ’n tyd lank in die Ooste was, vestig hy hom in Engeland waar sy werke onder meer insluit, Cecil Rhodes (1933) en Museum Pieces (1952). Afgesien hiervan was hy ook verbonde aan die uitgewers Jonathan Cape.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ploegbreker
Volgende onderwerp: Plowman, Sir George Thomas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:07:13 MGT 2024