Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Plettenberg, Joachim Ammema (Baron van Plettenberg)
Plettenberg, Joachim Ammema [boodskap #123366] Do, 03 Januarie 2019 17:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Joachim Ammema van Plettenberg was die Goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop. Op 8 Maart 1739 in Leeuwarden, Nederland, gebore. Seun van kolonel Hendrik Casimir van Plettenberg van die Nederlandse kavallerie en sy vrou, gebore Ammema. Nadat hy in Utrecht in die regte gestudeer het, tree hy in diens van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie, wat hom in 1764 na Batavia stuur. Twee jaar later word hy as Onafhanklike Fiskaal na die Kaap verplaas. Word in 1772 bevorder tot Sekunde en in 1774 aangestel as Goewerneur. Sy ampstermyn het saamgeval met die oorlog teen Brittanje en ’n Franse mag is uitgestuur om die garnisoen te versterk. Van Plettenberg het baie belang gestel in ontdekkingsreise in die Kolonie (sien Plettenbergbaai). Ontevredenheid het oor sy administrasie ontstaan en van 1779-81 is ’n ondersoek in Holland gehou. In 1785 tree hy af en vestig hom in Zwolle. Oorlede op 18 Augustus 1793.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Plettenbergbaai
Volgende onderwerp: Ploegbreker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:32:00 MGT 2024