Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Player, Gary
Player, Gary [boodskap #123364] Do, 03 Januarie 2019 17:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Gary Player is 'n voormalige Suid-Afrikaanse gholfkampioen. Op 1 November 1935 in Johannesburg gebore. Ontvang sy skoolopleiding by die King Edward VII en begin sy sportloopbaan as rugby-en krieketspeler. Op 14-jarige ouderdom begin hy gholf speel. Selfs ’n ernstige ongeluk in 1950 kon hom nie stuit nie en teen 1954 het hy reeds sy eerste toer as beroepspeler na Brittanje onderneem. Hy het opspraak verwek in elke land waar hy opgetree het. Sy debuut in 1958 in die Verenigde State het hom feitlik onmiddellik onder die beste spelers geplaas. In 1959 wen hy die Britse Ope; in 1965 die Amerikaanse Ope, die Kanadabeker saam met Harold Henning, die Wêreld-Putjiespeltoernooi op Wentworth, Surrey, die Wêreld-Gholfkampioenskap in Akron, Ohio, en behaal ’n tweede plek in die Meesterstoernooi.
In Februarie, 1966 wen hy die Suid-Afrikaanse Ope die vierde keer.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Platkop
Volgende onderwerp: Plettenbergbaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:51:08 MGT 2024