Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Listeriose
Listeriose [boodskap #123359] Do, 03 Januarie 2019 14:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Listeriose is 'n ernstige infeksie wat deur bakterieë (meestal Listeria monocytogenes) veroorsaak word. Dit word opgedoen deur besmette voedselprodukte te eet. Goeie koshigiëne is van kardinale belang om verspreiding te voorkom. Die bakterieë kan vermenigvuldig in yskaste wat nie koud genoeg is nie, maar kan vernietig word deur voedsel ordentlik te kook.

Die inkubasietydperk wissel van 3 tot 70 dae. Die simptome is gewoonlik lig en sluit in: koors, spierpyne, ongesteldheid, naarheid en diarree. As dit egter na die senuweestelsel versprei en meningitis veroorsaak, sal die simptome hoofpyn, verwarring, 'n stywe nek, verlies aan balans, en stuiptrekkings insluit.

Gastro-enteritis weens Listeria benodig meestal nie behandeling nie, daarteenoor kan listeriose wat na die senuweestelsel versprei het lewensgevaarlik wees (moet met binneaarse antibiotika behandel word).
Vorige onderwerp: Plaatje, Sol T
Volgende onderwerp: Plant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:23:03 MGT 2024