Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Plaatje, Sol T
Plaatje, Sol T [boodskap #123358] Do, 03 Januarie 2019 14:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sol T Plaatje was 'n Bantoeskrywer. In 1878 op Boshof in die Vrystaat gebore. Gaan skool by die Lutherse Sending op Pniel en word ’n tolk. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog werk hy vir die Britte met die beleg van Mafeking. Stigter van die Setsjoeana-nuusblaaie op Kimberley en eerste Sekretaris-generaal van die African National Congress in 1912. Was lid van twee deputasies oorsee, in 1914 en 1919. Hy skryf baie, onder meer ’n aantal boeke, veral Mhudi, ’n Setsjoeana-roman, Sechuana Proverbs en vertalings van Shakespeare-werke in daardie taal. Oorlede in 1932.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Plaaslike Bestuur
Volgende onderwerp: Listeriose
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:53:23 MGT 2024