Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Pioneer Column
Pioneer Column [boodskap #123353] Do, 03 Januarie 2019 14:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Pioneer Column was 'n mag wat in 1890 op versoek van Cecil John Rhodes onder leiding van majoor Frank Johnson byeengebring is om die konsessie wat deur Lobengula toegestaan is vir die besetting van Masjonaland, ten uitvoer te bring. ’n Mag van 180 man is teen ’n koste van £88,285-10s op die been gebring. Vergesel van ’n mag van 300 polisiemanne en met die beroemde jagter, F.C. Selous as gids, het hulle op 28 Junie 1890 met hulle opmars op Macloutsie begin, Tuli op 1 Julie bereik en nadat hulle die Providentialpas oorgesteek het, die Britse vlag op 13 September gehys op ’n heuwel waar Harare (Salisbury) vandag lê. Die mag is op 1 Oktober ontbind en elke lid het ’n plaas asook ander voorregte ontvang.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Pinetown
Volgende onderwerp: Piriebosse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:24:42 MGT 2024