Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Pine, Sir Benjamin Chilley Campbell
Pine, Sir Benjamin Chilley Campbell [boodskap #123350] Do, 03 Januarie 2019 14:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Benjamin Chilley Campbell Pine was die Goewerneur van Natal. In 1813 in Devonshire gebore. Studeer aan die Trinity College, Cambridge en word in 1841 tot die balie toegelaat. Die volgende jaar sluit hy aan by die Koloniale Diens in Sierra Leone en word in 1848 tot Goewerneur bevorder. In 1849 verplaas na Natal as Luitenant-goewerneur waar hy tot 1856 bly en baie gewild was. Na verdere diens in die Goudkus, die Wes-Indies en in Wes-Australië word hy in 1873 as Goewerneur van Natal aangestel. Hy bly daar twee jaar voordat hy aftree. Hy het die artikel ‘African Colonies’ in die Encylopaedia Britannica geskryf.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Pim, Howard
Volgende onderwerp: Pinelands
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:24:55 MGT 2024