Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Pietersburg
Pietersburg [boodskap #123340] Do, 03 Januarie 2019 06:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Pietersburg kan na een van die volgende verwys:

1. Dorp in Noord-Transvaal. In 1884 gestig en vernoem na generaal Piet Joubert. Belangrike sakesentrum. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was dit 'n kort tydjie in 1900 die setel van sowel die Transvaalse as die Oranje-Vrystaatse Regerings. Dit is op 8 April 1901 beset deur Plumer. Vandag hanteer dit ’n groot hoeveelheid landbou-produkte asook die verkeer na die noorde van die Krugerwildtuin en ander toeriste-aantreklikhede in Oos-Transvaal. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 36,000 (13,000 Blankes).

2. Dorp in Noord-Kaapland. Dit was die toneel van kwaai gevegte in die Tweede Vryheidsoorlog in September 1901.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Pietermaritzburg
Volgende onderwerp: Pietjie Kanarie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:40:30 MGT 2024