Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Pietermaritzburg
Pietermaritzburg [boodskap #123339] Do, 03 Januarie 2019 06:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Pietermaritzburg is die hoofstad van Natal en tweede grootste stad in die provinsie. Die naam gedenk die Voortrekkerleier, Pieter Retief, en die President van die Voortrekkerraad, Gerrit Maritz. Hoewel daar reeds op 23 Oktober 1838 besluit is om die dorp te stig, is die eerste stappe om die dorp uit te lê eers na die Slag van Bloedrivier op 16 Desember daardie jaar gedoen en eers in 1840 is daar met die stelselmatige oprigting van huise begin. Tydens die bestaan van die Republiek Natalia het die Volksraad daar vergader en nadat dit beëindig is, het die Britte dit gebruik as ’n administratiewe sentrum en Fort Napier daar opgerig om die garnisoen te huisves. Munisipale bestuur is in 1854 ingestel en in 1856 het die eerste Wetgewende Raad van die Kolonie Natal daar vergader. Die stad is in 1880 per spoor met Durban verbind en 15 jaar later, in 1895, met Johannes burg. Dit is 2,160 voet bo seespieël en die munisipale gebied beslaan byna 50 vierkante myl of 31,948 acres. Afgesien daarvan dat dit die setel van die Provinsiale Administrasie is, is dit ook die setel van die Universiteit van Natal. Dit beskik oor 'n museum en ander inrigtings, en het ook ’n hele aantal nywerhede, onder meer skoen-, suiwel-, looibas- en aluminium-verwerking. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 103,700 (42,669 Blankes, 31,541 Bantoes, 24,300 Asiate en 5,100 Kleurlinge).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Piesangblom
Volgende onderwerp: Pietersburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:07:05 MGT 2024