Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Piesangblom (Kraanvoëlblom)
Piesangblom [boodskap #123338] Do, 03 Januarie 2019 06:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Piesangblom of Kraanvoëlblom (Musaceae) is 'n groep plante wat aan die piesang-familie behoort. Die naam (Eng. Strelitzia) is afgelei van Prinses Catharine van Mecklenburg-Strelitz. Daar is die kraanvoëlblom (Strelitzia reginae), ’n bos van 2 tot 3 voet hoog met eienaardige oranje en pers blomme wat soos die kop van ’n voël lyk; die veel groter witpiesang (S. augusta Thunb.) met taklose stamme tot 18 voet hoog, blare tot 4 voet lank en blomme in ’n wynkleurige blomskede. Albei soorte aard in die kusstreke van Natal en Noordoos-Kaapland.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Piesang
Volgende onderwerp: Pietermaritzburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:07:54 MGT 2024