Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Pienaar, Generaal-Majoor Daniel Hermanus
Pienaar, Generaal-Majoor Daniel Hermanus [boodskap #123334] Do, 03 Januarie 2019 06:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal-Majoor Daniel Hermanus Pienaar was 'n Suid-Afrikaanse soldaat. Op 7 Augustus 1893 op Ladybrand gebore. Was tydens die Tweede Vryheidsoorlog saam met sy moeder in konsentrasiekamp. Sluit in 1911 aan by die Natalse Polisie en die volgende jaar by die Artillerie. In 1913 sluit hy by die South African Mounted Riflemen aan as kanonnier. In die Eerste Wêreldoorlog veg hy in die Suid-Afrikaanse Veldartillerie in Oos-Afrika en Sirië en word bevorder tot eerste luitenant. Na die vrede begin hy met sy loopbaan in die Suid-Afrikaanse Staande Mag, en met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog was hy Kolonel-in-Bevel by Voortrekkerhoogte. Toe die Eerste Suid-Afrikaanse Brigade in 1940 na Oos-Afrika gestuur is, is Pienaar aangestel as Brigade-bevelvoerder. Sy briljante toepassing van die tradisionele Boere-taktiek op moderne oorlogvoering, veral nadat hy in 1942 oorgeplaas is na die Westelike Woestyn, het gou roem aan hom besorg buite die grense van Suidelike Afrika. Hy het ’n belangrike rol gespeel in al die gevegte op die Egiptiese grens en die finale triomf by El Alamein. Sy persoonlikheid en bekwaamheid was verantwoordelik vir sy besondere gewildheid onder sowel Suid-Afrikaanse as ander troepe. Met sy terugkeer uit die Noorde na die Unie is hy op 19 Desember 1942 in ’n vliegtuigongeluk naby die Victoria-meer gedood.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Pienaar, Andries Albertus
Volgende onderwerp: Pienaarsrivier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:36:41 MGT 2024