Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Phillips, Sir Lionel
Phillips, Sir Lionel [boodskap #123331] Do, 03 Januarie 2019 06:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Lionel Phillips was 'n Suid-Afrikaanse mynmagnaat. In 1855 in Londen gebore en kom op 20-jarigeouderdom na Suid-Afrika waar hy sy vroeë jare op die diamantvelde in Kimberley deurbring. Hy word ’n vriend en vertroueling van Alfred Beit en Cecil John Rhodes. In 1889 vestig hy hom in Johannesburg en was in die firma Hermann Eckstein & Co., wat die belange van Alfred Beit in Transvaal behartig het, grootliks verantwoordelik vir die ontwikkeling van die goudmyne. Hy was een van die vernaamste persone in die Reform Committee en na die mislukking van die Jameson-inval is hy die doodstraf opgelê — ’n straf wat later gewysig is na ’n boete van £25,000. In 1913 het hy ter nouer nood aan ’n sluipmoord in Johannesburg ontkom. Gaan daarna na Engeland en word tydens die Eerste Wêreldoorlog een van die vernaamste adviseurs van die Regering oor die beheer van noodsaaklike metale. Na die oorlog keer hy terug na Suid-Afrika en vestig hom op sy beroemde plaas, Vergelegen, naby Somerset-Wes. Hy was ’n groot voorstander vir die bevordering van kuns en onderwysontwikkelings in Transvaal en was een van die stigters van die 1820-Setlaarsvereniging. Oorlede in 1936.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Phillips, Sir Henry Lushington
Volgende onderwerp: Phoenix
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:29:18 MGT 2024