Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Phillips, Lady
Phillips, Lady [boodskap #123329] Wo, 02 Januarie 2019 19:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lady Phillips was 'n kunskenner en kampvegter vir vroueregte in Suid-Afrika. Sy is op Colesberg, Kaapland, gebore as Dorothea Sarah Florence Alexandra Ortlepp. Trou in 1885 met mnr. (later sir) Lionel Phillips en kom na die Rand waar hulle hulle vestig. Sy was ’n bekende gasvrou en het verskeie politieke boeke geskryf. Sy het uitstallings georganiseer en was hoofsaaklik verantwoordelik vir die stigting van die Johannesburgse Kunsgalery. Bly ’n groot deel van haar lewe in Engeland, maar bring haar laaste jare deur op Vergelegen, naby Somerset-Wes, Kaapland. Oorlede in 1940.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Philipstown
Volgende onderwerp: Phillips, Sir Henry Lushington
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:29:53 MGT 2024