Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Philippolis
Philippolis [boodskap #123327] Wo, 02 Januarie 2019 19:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Philippolis is 'n dorp in die Suid-Vrystaat, vernoem na dr. John Philip, wat in 1821 ’n stasie daar gestig het vir die Londense Sendinggenootskap. Toneel van baie gevegte totdat die Griekwas onder Adam Kok III in 1862 weggetrek het en ’n blanke dorp daar uitgelê is. Dit was weer in die gevegsgebied tydens die Tweede Vryheidsoorlog en in Oktober 1900 is ’n Britse garnisoen van 41 man 6 dae lank daar beleër. Na die Vrede het Emily Hobhouse ’n skool op Philippolis gestig om Boeredogters tuisnywerhede te leer, veral kantborduring, wat ’n hele paar jaar ’n florerende bedryf was. Algemene en wolboerdery is vandag hoofsaaklik verantwoordelik vir die distrik se voorspoed. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,200 (750 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Philip, Dr. John
Volgende onderwerp: Philipstown
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:48:18 MGT 2024