Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Philip, Dr. John
Philip, Dr. John [boodskap #123326] Wo, 02 Januarie 2019 19:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. John Philip was 'n sendeling en skrywer. In 1775 op Kirkaldy in Skotland gebore. Sluit aan by die Londense Sendinggenootskap wat hom in 1819 saam met ’n afvaardiging op ’n inspeksiebesoek na Suid-Afrika stuur. In 1822 word hy Superintendent van al die Genootskap se sendingstasies aan die Kaap. Hy word onmiddellik ’n kampvegter vir die nie-blanke en verkry in 1828 gelyke regte vir ‘gekleurde persone’. In dieselfde jaar verskyn sy boek Researches in South Africa en ondervind hy skerp teenkanting van die koloniste weens sy teenkanting teen die beleid van anneksasie van sir Benjamin D’Urban. In plaas daarvan het hy Bantoe-state voorgestel. Hy het groot invloed in Downingstraat gehad. Oorlede in 1851.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Philadelphia
Volgende onderwerp: Philippolis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:29:58 MGT 2024