Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Phalaborwa (Palabora)
Phalaborwa [boodskap #123324] Wo, 02 Januarie 2019 19:21
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Phalaborwa (vroeër gespel Palabora) is 'n mynsentrum bekend vir sy groot verskeidenheid produkte, onder meer fosfate, koper en vermikuliet. Antieke werke is bewys daarvan dat koper vroeër dae daar ontgin is. In 1932 het moderne ontwikkeling daar begin onder beskerming van die Nywerheid-Ontwikkelingskorporasie (N.O.K.) wat die Fosfaat-Ontwikkelingskorporasie (Foskor) gestig het. Die opbrengs voldoen aan die grootste deel van Suid-Afrika se behoeftes. Die N.O.K. was hoofsaaklik verantwoordelik vir die blootlegging van groot laegraadse koperneerslae deur die Palabora Mining Company, gesteun deur Duitse, Amerikaanse en Britse belange, laasgenoemde wat die Rio Tinto-groep insluit.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Pettman, Eerw. Charles
Volgende onderwerp: Philadelphia
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:44:43 MGT 2024