Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Persoon, Christian Hendrik
Persoon, Christian Hendrik [boodskap #123318] Wo, 02 Januarie 2019 19:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Christian Hendrik Persoon was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige in die vroeë jare. Op 31 Desember 1761 aan die Kaap die Goeie Hoop gebore. As seun van ’n Duitse immigrant word hy op 12-jarige ouderdom na Europa gestuur. Studeer aan Leyden en Göttingen en bekwaam homself in die medisyne. Hy begin spesialiseer in plantkunde en spits hom toe op bedekbloeiende plante, veral sampioene. Sy werk was van soveel belang dat hy bekend gestaan het as die ‘Vader van die Swamkunde’. Is gekies as lid van die Linnean Society van Londen en ook Philadelphia. Word ook lid van die Genootskap van Natuurnavorsers van Berlyn en was wêreldberoemd. Vestig hom in sy laaste jare in Parys waar hy in November 1836 oorlede is. Sy mees gevierde werk is Observationes Mycologicae, in 1796 gepubliseer en Commentatio de Fungis Clavae Formibus, in 1797 gepubliseer.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Perskommissie
Volgende onderwerp: Peruane
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:51:27 MGT 2024