Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Perdewedren
Perdewedren [boodskap #123314] Wo, 02 Januarie 2019 17:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Perdewedren is 'n wedren waarin perde teen mekaar meeding. Dit gaan soms gepaard met groot bedrae geld wat op die beste perde gewed word.

Perdewedren is in die Kaap die Goeie Hoop ingestel tydens die eerste Britse Besetting. Op 27 September 1797 is die eerste wedrenbyeenkom onder die pasgestigte Wedrenklub gehou en die baanbeamptes was Brigadier-generaal Fraser, majoor Bell en majoor Sharpe. Die huidige Suid-Afrikaanse Wedrenklub dateer uit die jaar 1802 en is een van die oudstes in die wêreld. Tot 1874 het wedrenne op die Groenpuntse Meent plaasgevind en daarna het dit na Kenilworth verskuif. In die Oostelike Provinsie het die eerste wedrenne in 1820 op Grahamstad plaasgevind. Belangrike wedrensentrums was Durban, Pietermaritzburg en later Kimberley en Johannesburg, waar die eerste byeenkomste in 1887 plaasgevind het. Die Suid-Afrikaanse Jokkieklub is in 1882 in Port Elizabeth gestig. Vandag is sy hoofkantoor in Johannesburg. Hoewel die eerste wedrenne in Durban reeds in 1852 plaasgevind het, het die Durban July Handicap, vandag Suid-Afrika se belangrikste wedren, eers in 1897 ontstaan met die herinstelling van die Durbanse Wedrenklub. Die Gold Fields Handicap in Johannesburg het in 1887 en die South African Derby het in 1885 ontstaan.

In Zimbabwe (Rhodesië) het perdewedrenne feitlik gelyktydig met die besetting van die Pioneer Column in 1890 begin.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Perdesiekte
Volgende onderwerp: Pêrelvis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:51:54 MGT 2024